Daar bestaan heelwat onkunde oor die gebruik van trusts tydens erflatings. Hierdie artikel poog om lig op hierdie belangrike kwessie te werp.
’n Inter vivos trust staan ook bekend as ’n lewende of familietrust omdat dit gedurende jou leeftyd opgerig word. ’n Trust is ’n ideale langtermynstruktuur om bates van geslag tot geslag te beskerm terwyl dit boedelbelasting bespaar. Boedelbelasting is die heffing wat betaalbaar is op jou totale bates by jou afsterwe.
Wanneer bates in ’n trust gekoop of na ’n trust oorgedra word, vind kapitaalgroei binne die trust en dus buite jou boedel plaas. Dit beteken gevolglik dat die bates binne die trust kan groei en nie hoër boedelbelasting vir jou boedel tot gevolg sal hê nie.
Dit word aanbeveel om groeibates na ’n trust oor te dra deur dit aan die trust te verkoop of te skenk.
Die waarde van die bate(s) wat aan die trust verkoop word, sal dan in die vorm van ’n leningsrekening deur die trust aan jou (of jou boedel) verskuldig wees. Die waarde van die leningsrekening kan egter jaarliks suksesvol met R100 000 verminder word deur die jaarlikse vrygestelde bedrag van skenkingsbelasting aan die trust oor te betaal. Die trust betaal dan die bedrag van die skenking aan jou terug ter gedeeltelike delging van die leningsrekening wat aan jou verskuldig is.
’n Ander groot voordeel van ’n inter vivos trust is dat dit beskerming bied indien jy gedagvaar sou word, omdat die bates in die trust uitgesluit sal wees van sodanige eise. Die grootste nadeel van ’n trust is waarskynlik die feit dat jy volle beheer oor jou bates verloor. Jy as oorspronklike eienaar word nou ’n mede-trustee en moontlik een van die begunstigdes van die trust. Die mede-trustees het dus ook nou ’n sê oor die bates wat aanvanklik 100% deur jou beheer en bestuur was.
’n Testamentêre trust, anders as ’n inter vivos trust, word opgerig ingevolge iemand se testament en word eers geaktiveer wanneer die persoon te sterwe kom. Die hoofdoel van ’n testamentêre trust is om die belange van begunstigdes (in baie gevalle minderjariges) te beskerm.
Die trustees van die testamentêre trust verkry beheer oor die bates en bestuur en administreer die bates dan in terme van die bepalings van die testamentêre trust tot voordeel en in die beste belang van die begunstigdes.
Dit word aanbeveel dat die persoon(e) wat as voog(de) van minderjarige kinders benoem word ten minste een van die trustees van die testamentêre trust behoort te wees.
Anders as inter vivos trusts wat vir onbepaalde tydperke kan voortduur, word testamentêre trusts normaalweg beëindig sodra die trustbegunstigde(s) die ouderdom bereik wat in terme van die testament voorgeskryf word.
Hierdie artikel is vir algemene inligting en moet nie as wettige of ander professionele advies gebruik of aangewend word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit die afhanklikheid van enige inligting hierin nie. Kontak ons altyd by DKVG Prokureurs vir spesifieke en gedetailleerde advies.
Vir meer inligting, kontak ons Wills, Estates & Trusts department departement.
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |