“Met ’n mondelinge ooreenkoms het jy niks anders as wind nie.” (Outeur en entrepreneur Robert Ringer, vertaal)
2026 begin met positiewe tekens in die eiendomsmark. Verlede jaar se bemoedigende BBP vooruitskattings, verhoogde kredietgradering tesame met opeenvolgende rentekoersverlagings oor die afgelope maande, bied beter toegang tot verbandfinansiering. Meer kopers gaan gevolglik vir groter verbandfinansieringsbedrae kwalifiseer.
Hierdie tekens dui op ’n belowende jaar vir kopers, verkopers en huiseienaars. ’n Onlangse uitspraak van die Appèlhof herinner ons daaraan dat partye nie op mondelinge beloftes kan vertrou in eiendomsooreenkomste nie. Mede-eienaarskap kan ook ’n praktiese manier wees om eiendom te bekom en te deel, maar jul reëlings moet volledig op skrif wees. Wanneer verhoudings tussen mede-eienaars versuur, kan die gevolge, soos in hierdie geval, ernstig wees.
Een man as eggenoot en mede-eienaar het dit op die harde manier geleer. Ons kan almal uit sy foute leer.
Die agtergrond tot hierdie situasie was die persoonlike verhouding tussen twee huwelikspartye wat skeefgeloop het.
‘n Paartjie het in 2009 met mekaar getrou. Hulle het in 2015 saam ‘n huis gekoop. Toe die man in 2017 finansiële probleme ondervind het en sy krediteure gedreig het om op sy halwe aandeel beslag te laat lê, het die paartjie ooreengekom dat die vrou sy halwe aandeel in hul huis vir R1,2 miljoen by hom sou oorkoop. Die partye het ‘n skriftelike koopkontrak onderteken, die oordrag het deurgegaan en die vrou het die geregistreerde alleeneienaar van die hele huis geword. Dit is daarom nie vreemd dat die gewese vrou, gegewe die doel van die verkooptransaksie en die oordrag, nooit die koopprys van R1,2 miljoen aan die man oorbetaal het nie.
Toe die huwelik in 2019 op die rotse beland het, het die vrou uit die huis getrek en die man het aangebly. Hulle het geskei, maar hy het geweier om die huis te ontruim. Die man het aangevoer dat die Titelakte nie die partye se “ware bedoeling” weerspieël het nie. Volgens hom moes hy prakties steeds ‘n mede-eienaar bly “totdat dit minder riskant sou wees”, waarna sy vrou sy halwe aandeel in die eiendom aan hom sou teruggee.
Die geskil het tot in die Appèlhof gevorder, waar die gewese vrou aangevoer het dat die bedoeling tussen hulle strykdeur was dat die eiendom uitsluitlik hare sou wees.
Die Appèlhof bevind dat eienaarskap van ‘n eiendom ‘n regskwessie is. Dit gaan vir die hof nie oor ‘n feitegeskil wat opgelos moet word deur te moet kies tussen die twee partye se verskillende weergawes nie. Die hof bevestig dat die vrou die enigste eienaar van die eiendom bly. Die redes vir die uitspraak bied ook ‘n duidelike kontrolelys van die beginsels wat elke koper, verkoper en eienaar in gedagte moet hou.
Ons bespreek die regsbeginsels wat die man se saak hier laat sink het:
Dit is altyd belangrik om aan al die wetlike formaliteite van eiendomsoordrag te voldoen, of jy nou ‘n koper, ‘n verkoper of ‘n eienaar is. Soos wat ons altyd herinner, moet niks teken sonder om ons insette hieroor te verkry nie!
Vir enige hulp of leiding, kontak asseblief ons aktebesorgingsafdeling.
Disclaimer: The information provided herein should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact us for specific and detailed advice.
© LawDotNews
| Cookie | Duration | Description |
|---|---|---|
| cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
| cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
| cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
| cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
| cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
| viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |