“Dit is gerusstellend om te weet dat jy op jou eie grond staan. Grond is omtrent die enigste ding wat nie kan wegvlieg nie.” (Engelse romanskrywer Anthony Trollope, vrylik vertaal.)
Met rente- en huisleningkoerse tans op hul laagste sedert 2022, is dit verstaanbaar dat die vertroue in Suid-Afrika se eiendomsmark teen die einde van 2025 ’n rekordhoogtepunt van 87% bereik het. Hierdie optimisme word verder aangehelp deur die land se positiewe ekonomiese vooruitsigte na die Begroting van 2026, sowel as die verhoging van 50% in die primêre woning-uitsluiting (wat verkope van residensiële eiendom behoort te bevorder, omdat kapitaalwinsbelasting vir verkopers ietwat verlaag word).
As jy ’n koper is wat gereed is om ’n aanbod op ’n huis te maak, onthou dat jy ook vir die bykomende kostes bo en behalwe die koopprys voorsiening moet maak. In die opwinding van die kooptransaksie (veral as dit jou eerste huis is) kan jy maklik te min vir alles begroot. As jy vooraf jou volledige somme maak behoort daar geen onaangename finansiële verrassings vir jou te wees nie. Indien jy ’n bepaling van die verkoopooreenkoms oortree deur nie betyds te betaal nie, kan die verkoop selfs gekanselleer word en ’n eis vir skadevergoeding kan selfs teen jou ingestel word.
Met ’n deeglike begroting en kontantvloeiberekening kan jy vooraf seker maak dat jy die huis waarop jy besluit het, wel kan bekostig – én dat jy alles betyds sal kan betaal.
Kyk na die lys wat ons hieronder saamgestel het en gebruik dit om jou eie deeglike kontantvloeiberekening voor te berei. Ignoreer enigiets wat nie op jou van toepassing is nie, onthou ook dat elke koper se situasie en koopooreenkoms uniek sal wees, so dit is slegs ‘n algemene kontrolelys.
Sommige van hierdie kostes kan maklik oor die hoof gesien word, veral as jy nie weet dat dit betaal moet word nie. Die bedrae tel vinnig op. Beplan en begroot dus vooraf vir al hierdie kostes en uitgawes, soos wat dit op jou geval van toepassing gaan wees, voordat jy jou aanbod om te koop onderteken en voorlê.
As deel van jou toekomstige maandelikse begroting en beplanning moet jy jou voorsiene verbandpaaiemente, munisipale belastings en kostes, heffings (indien jy in ’n kompleks koop), verbruiksdienste soos water en elektrisiteit, versekeringspremies vir die eiendom sowel as die huisinhoud, en ander uitgawes insluit.
As jy beplan om veranderinge of herstelwerk te doen, die tuin op te knap, meubels te vervang, nuwe wasmasjien of yskas in te sit, of enigiets soortgelyks, maak seker dat hierdie kostes ook deel van jou begroting is, sodat jou geld hiervoor voldoende is. Anders moet jy dit in fases doen en vir later begroot. As deel van jou langtermynbeplanning, moet jy in elk geval vir deurlopende huisonderhoud begroot.
Ons is hier om te help, so laat weet ons as jy enige vrae het, enige verdere inligting benodig, of hulp benodig met jou kontantvloeiberekening spesifiek vir jou voorgenome aankoop.
Vir enige navrae of hulp, kontak gerus ons Aktesafdeling.
Disclaimer: The information provided herein should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact us for specific and detailed advice.
© LawDotNews
| Cookie | Duration | Description |
|---|---|---|
| cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
| cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
| cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
| cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
| cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
| viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |