“Nalatenskap gaan nie net daaroor om iets VIR mense na te laat nie. Dit gaan ook daaroor om iets IN mense na te laat.” (Peter Strople, voormalige direkteur van “Dell Computer Corporation”)
Ons weet almal dat dit belangrik vir ons geliefdes is dat ons ’n geldige testament nalaat wat deel is van ’n omvattende boedelplan. Ons nalatenskap kan egter veel verder strek as net die verdeling van bates.
Om jou waardes, jou familiegeskiedenis en die wysheid wat jy deur die jare geleer het, met jou erfgename te deel, kan een van die belangrikste geskenke wees wat jy nalaat. Dit kan ook dikwels vir geslagte bewaar word en van geslag tot geslag oorgelewer word. Op ’n praktiese vlak sal dit jou erfgename ook help om die rykdom en die nalatenskap wat jy vir hulle agterlaat, na waarde te skat, te waardeer, te bewaar en te geniet.
Dit mag dalk baie korporatief en oordrewe klink, maar in werklikheid is dit eenvoudig en heeltemal persoonlik. ’n Gesinsmissieverklaring is ’n hoeksteen in nalatenskapsbeplanning. Dit help almal om te fokus op die waardes en prioriteite wat vir julle as gesin belangrik is. Soos Stephen Covey (outeur van The 7 Habits of Highly Effective People) dit stel: “’n Gesinsmissieverklaring is ’n gekombineerde, verenigde uitdrukking van alle gesinslede oor waaroor jul gesin gaan – wat is dit wat julle werklik wil doen en wees – en die beginsels wat julle as gesin kies om jul gesinslewe mee te rig.”
Jul gesin se missieverklaring gaan verkieslik ’n proses van samewerking wees. Al die gesinslede – selfs jong kinders – kan deelneem aan die samestelling en vasstelling daarvan. Julle sal dalk verbaas wees oor watter gesinslede met ’n blink idee of twee vorendag gaan kom!
Daar is ‘n nuttige aflaaibare werkblad hier as jy hulp nodig het om mee te begin. Maak dit persoonlik volgens jou gesin se situasie en pas dit aan soos wat julle vorder.
Deel en bespreek jou planne.
Om jou boedelbeplanning en die bepalings van jou testament openlik met jou naaste en dierbares te deel en te bespreek, is ‘n gulde geleentheid om hulle voor te berei vir die finansiële implikasies van jou afsterwe. Dit is ook ‘n goeie manier om almal by jou beplanning te betrek en vir hul insette te vra.
Bespreek met jou gesin die finansiële strukture wat jy reeds in plek gestel het of wat jy vir die toekoms beplan. Deel jou visie met die rykdom wat jy gaan nalaat en verduidelik waarom jy die spesifieke erflatings gemaak het wat jy het. As jy dit so met almal deel – en dit kan aanhaak by jul gesin se missieverklaring – sal jou gesinslede ook jou redes en gedagtegang beter verstaan, wanneer die tyd aanbreek vir jou laaste wense om uitgevoer te word.
Ons praat nie nou van jou formele testament nie.
Wat is die verskil? Jou formele testament moet natuurlik aan al die voorgeskrewe wetlike formaliteite voldoen om geldig te wees. Dit bepaal wie wat van jou boedel gaan erf. In teenstelling hiermee is jou nalatenskapsbrief jou informele en persoonlike brief aan jou geliefdes, waarin jy met hulle persoonlik kan deel wat jy glo vir hulle van waarde in hul lewens sal wees. Dit hoef ook nie net een brief te wees nie – sommige mense verkies om individuele briewe aan elke lid van hul familie te skryf.
Natuurlik kan jy hierdie dinge op ’n informele manier met jou familie deel terwyl jy nog hier is, maar moenie by mondelinge gesprekke ophou nie. As jy dit neerskryf en in briefvorm vir jou mense agterlaat, gee jy aan jou erfgename ’n permanente verwysingspunt en deel jy jou persoonlike riglyne.
Wat sal mens in jou nalatenskapsbrief insluit? Eintlik enigiets wat jy glo jou geliefdes sal help om ryker en meer vervulde lewens te lei. Deel miskien jou familiegeskiedenis, stories uit jou eie lewe en die lesse wat dit jou geleer het, jou waardes, asook jou hoop en drome vir elkeen van hulle. Watter uitdagings het jy in jou lewenspad teëgekom en hoe het jy dit oorkom? Wat was werklik vir jou belangrik in die verskillende fases van jou lewe? Deel dalk jou mees gekoesterde herinneringe. Watter stories en raad van jou ouers en grootouers het jou gehelp? Watter beginsels was onderliggend aan jou finansiële sukses?
Confucius se raad om “die verlede te bestudeer as jy die toekoms wil definieer” klink vandag nog steeds net so gepas as twee en ’n half duisend jaar gelede.
Wat die persoonlike aard van jou nalatenskap aanbetref, sal die trust se naam jou familienaam behou, ongeag hoeveel van jou toekomstige afstammelinge oor tyd nuwe vanne gaan hê.
Vir enige navrae of hulp, kontak gerus ons Boedelafdeling.
Disclaimer: The information provided herein should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact us for specific and detailed advice.
© LawDotNews
| Cookie | Duration | Description |
|---|---|---|
| cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
| cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
| cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
| cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
| cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
| viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |