Met ingang vanaf 1 Maart 2026: Ons nuwe Nasionale Minimumloon.

Die Nasionale Minimumloon vir elke “gewone uur gewerk” is vanaf 1 Maart 2026 met 5% verhoog, van R28,79 per uur tot R30,23 per uur.

Huiswerkers: As ons ‘n gebruiklike werksmaand van 22 dae x 8 uur per dag aanneem, is R30,23 per uur gelykstaande aan R241,84 per dag of R5320,48 per maand. Dit is die absolute wetlike minimum. Die Lewende Loon-rekenaar sal jou help om te kyk of jy werklik genoeg betaal om ‘n huishouding se “minimale behoefte” te dek (pas die “Aannames” op die rekenaar aan om te verseker dat die syfers wat jy gebruik, op datum is).

Kontak ons Arbeidsreg-kundiges vir hulp by 021 683-3553