Stel jouself voor, die onaangename verrassing as jy onverwags ʼn vonnis by verstek ontvang, as gevolg van ʼn dagvaardiging wat jy nooit ontvang het nie. Dit is belangrik dat jy bewus is van die prosedures wat gevolg moet word om so ʼn vonnis teen jou ter syde te laat stel.
Dit gebeur gereeld dat individue hulself in die ongewenste situasie bevind dat ʼn vonnis by verstek, sonder hul medewete, teen hulle aangeteken word. Die voorafgenoemde wanneer ʼn party versuim om die kennisgewing van voorneme om te verdediging te liasseer, dit gee dan aanleiding daartoe dat die Eiser daarop geregtig is om aansoek te doen vir vonnis by verstek.[1]
Die rede waarom sommige Aangeklaagdes versuim om die kennisgewing van voorneme om te verdedig te liasseer, is as gevolg van die feit dat hulle nooit die dagvaardiging ontvang het nie. Die betekening van prosesstukke is slegs ʼn vereiste in gevalle waar die aangeleentheid ʼn persoon se persoonlike status beïnvloed, soos in die geval van egskeidings en sekwestrasies. Aangesien dit is nie ʼn vereiste is dat die Balju persoonlik ʼn dagvaardiging aan die Aangeklaagde moet beteken nie, kan situasies ontstaan waar die Aangeklaagde nooit die dagvaardiging gesien, of ontvang, het nie, ten spyte daarvan dat die Balju dit wel op die aangewese en voorgeskrewe wyse beteken het.[2]
Die bogenoemde vind byvoorbeeld plaas wanneer die sogenaamde domicilium citandi et executandi (ʼn adres wat deur die Aangeklaagde aangedui word as die adres waarna pleitstukke gestuur moet word) nie meer die korrekte adres is nie. Indien die nuwe adres nie aangeteken is nie, sal die Balju steeds die dagvaardiging na die eerste (en dus verkeerde) adres stuur om te beteken.
Indien ʼn verstek van vonnis teen ʼn Aangeklaagde aangeteken word, moet sekere stappe geneem word om die vonnis ter syde te laat stel. Volgens die Landdroshofreëls, moet die Aangeklaagde binne 20 dae nadat hy bewus geword het van die vonnis, kennis gee van sy aansoek van tersydestelling.[3] Daar word van die Aangeklaagde (wat nou as die Applikant bekend staan) vereis om in ʼn beëdigde verklaring te verduidelik waarom die saak nie verdedig was nie en wat sy verdediging tot die eis is. Die bewyslas berus op die Applikant om geldige redes te verskaf vir waarom die aksie nie verdedig was nie.[4]
Wanneer ʼn aansoek vir die tersydestelling van vonnis gebring word, geld die volgende beginsels:[5]
Die Applikant moet ʼn redelike verduideliking gee vir sy versuim om die saak te verdedig. Die hof nie bereid om te help, indien daar gevind word dat die Applikant bewus was van die aksie teen hom en dat sy eie nalatigheid daartoe gelei het dat hy nie die saak verdedig het nie. Opsetlike verstek of nalatigheid aan die kant van die Aangeklaagde sal as bepalende faktore deur die hof oorweeg word wanneer daar besluit word of vonnis wel ter syde gestel moet word.
In baie gevalle doen ʼn Applikant bloot aansoek vir tersydestelling van vonnis om die onvermydelike uit te stel. Die Applikant moet bewys dat hy nie bloot die Eiser se saak probeer vertraag nie. Daar word dus van die Applikant verreis om ʼn bona fide verdediging, of te wel ʼn werklike verdediging, aan te voer, alhoewel dit nie nodig is vir die Applikant om die meriete van die verdediging te bewys of enige getuienis hieroor te lewer nie.
Die hof beskik oor die diskresie om te bepaal of die vonnis wel ter syde gestel kan word, na gelang van die rede wat deur die Applikant aangevoer is tydens die aansoek.[6]
Alhoewel hierdie proses dikwels lank en duur is, is die van uiterse beland om enige ongeregverdigde vonnisse teen jou naam ter syde te stel, sodra jy daarvan bewus word. Hierdie vonnisse het ʼn negatiewe impak op jou krediet rekord. Indien die balju onverwags met ʼn lasbrief by jou opdaag om op jou persoonlike bates beslag te lê, kan dit ook aanleiding gee tot emosionele ontwrigting en verlies aan aansien.
[1] Landroshofrëels, Reël 12(1)(c)
[2] Landroshofrëels, Reël 9(3)
[3] Landroshofrëels, Reël 49(1)
[4] Du Plessis v Tager 1953 (2) SA 5 (O)
[5] Grant v Plumbers (Pty) Ltd 1949 (2) SA 470 (O)
[6] De Witts Auto Body Repairs v Fedgen Insurance Co Ltd 1994 (4) SA 705
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |