“Ek het al gehoor dat oorhaastigheid in oorlog, ‘n probleem kan wees, maar ek het nog nie gesien dat vertraging wys was nie.” (Sun Tzu, Die Kuns van Oorlog.)
Om skuld van ‘n hardnekkige skuldenaar te vorder, kan soos ‘n oorlog voel, veral as jy deur die loopgrawe van ‘n reeks toenemend duurder hofsake (“veldslae”) moet worstel.
Dit is juis hier waar Sun Tzu se waarskuwing teen vertraging ter sprake kom, want as jy nie betyds met invordering begin nie, kan dit jou eis in geheel in die wiele ry. Die rede is natuurlik dat skuld – met slegs ‘n paar uitsonderings na – na drie jaar verjaar en onafdwingbaar word. Hoewel drie jaar na ’n lang tyd mag klink, kan dit verbasend vinnig verbysnel.
Ons hofverslae is vol van gevalle waar skuldeisers groot bedrae geld verloor het weens uitstel. Dit is nodig dat jy die hofproses begin sodra daar ’n moontlike eis teen iemand bestaan.
Let ook daarop dat die verweer van “verjaring” ook sy beperkings het. Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof ter illustrasie.
‘n Trust het die enigste lid van ‘n beslote korporasie gedagvaar op grond van bewese bewerings dat hierdie lid, haar BK en haar boekhouer-man die verwante maatskappy in ‘n gesofistikeerde skema oor ‘n periode van ses jaar bedrieg het. Die lid se boekhouer-man is intussen oorlede, na bewering as gevolg van selfdood. Sy het enige aanspreeklikheid vir die bedrog ten sterkste ontken.
Haar man, as die boekhouer van beide die Trust en die maatskappy, het na bewering bedrieglike betalings van altesaam R21,8 miljoen aan haar Beslote Korporasie gemaak deur middel van ‘n reeks fiktiewe transaksies.
Die trust is gebruik om die betrokke maatskappy oor te neem. Die trustees het verdagte transaksies geïdentifiseer en ouditeure en forensiese ondersoekers aangestel om dit te ondersoek. Die lid het eers tydens die latere ondersoek in haar oorlede man se insolvente boedel erken dat sy geld van die BK ontvang het, en daarmee saam die bankstate beskikbaar gestel, wat hierdie eise onderlê het.
Nadat die BK sowat R12 miljoen terugbetaal het, het die Trust die lid vir die oorblywende R9.8 miljoen op twee gronde gedagvaar:
Voordat sy die meriete van die eise verdedig het, het sy haar eers op die verweer van verjaring beroep. Sy het aangevoer dat die eisoorsaak meer as drie jaar terug ontstaan het en daarom onafdwingbaar was. Die Hooggeregshof het haar gelyk gegee, maar die Trust het geappèlleer. Die Appèlhof beslis dat die eise nie verjaar het nie en dat die verhoor daarom moes voortgaan.
Kom ons kyk waarom, en watter lesse ons hieruit kan neem.
Die hof beslis dat hierdie statutêre eis vir roekelose of bedrieglike optrede nie ’n “skuld” vir doeleindes van verjaring is nie. Verjaring begin eers loop wanneer die hof ’n lid van ‘n beslote korporasie persoonlik aanspreeklik verklaar vir die skulde van die BK. Omdat dit nog nie gebeur het nie, het verjaring nog nie begin loop nie.
Wat die eis vir skadevergoeding betref, bevestig die hof dat “’n skuld word nie as opeisbaar beskou nie, totdat die skuldeiser kennis het van die identiteit van die skuldenaar én die relevante feite onderliggend aan die skuld. ’n Skuldeiser word geag om oor sodanige kennis te beskik indien hy dit met redelike sorgsaamheid kon verkry het” – eers dan begin die driejaar-termyn van verjaring loop.
Hier het die hof beslis dat, hoewel die forensiese verslag ’n vermoede teen die lid laat ontstaan het, het die Trust eers ná die opvolgende insolvensie-ondervraging voldoende kennis van die feite verkry het om haar werklik te kon dagvaar. Hierna het die Trust verjaring vermy deur binne drie jaar ná daardie insolvensie-ondervraging die dagvaarding uit te reik.
Die Trust kan nou met oorgawe na die hoofverhoor in die Hooggeregshof terugkeer om die eise teen die lid van die BK te probeer bewys.
Indien jy ongelukkig genoeg is om ‘n slagoffer van gesofistikeerde bedrog te word, is dit nie altyd maklik om die skuldige te identifiseer en jou eis dadelik te formuleer nie. Hoe gouer julle die forensiese ondersoekers betrek en jul prokureurs se professionele raad inwin oor die beste plan van aksie, hoe kleiner is die kans dat julle hieroor in die howe sal moet worstel (soos hierdie Trust moes doen net om die reg te behou om met die aanvanklike eis voort te gaan).
Vir meer inligting, kontak ons gerus.
Disclaimer: The information provided herein should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact us for specific and detailed advice.
© LawDotNews
| Cookie | Duration | Description |
|---|---|---|
| cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
| cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
| cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
| cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
| cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
| viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |